Ons Suid Afrikaanse Verbintenis

Ons het ‘n sterk verbintenis met Suid Afrika deur middel van ons kliënte basis en moeder maatskappye (Stenham Groep en Bellerive Finance plc). Ons is dus goed geposisioneerd om die behoeftes en doelwitte van ons Suid Afrikaanse kliënte te verstaan.

 

Guernsey:  ‘n Aanloklike bestemming vir Suid Afrikaanse kliënte

Baie Suid Afrikaanse kliënte en bate bestuurders verkies Guernsey as n gekose jurisdiksie vir bate strukturering en bestuur. Bogenoemde word gebasseer op Guernsey se politieke stabiliteit, afwesigheid van valutabeheer en die lang geskiedenis in die finansiële dienste. Laasgenoemde is gebasseer op n sterk ondersteuning van infrakstruktuur vir banke, beleggingsbestuurders, regsfirmas en ouditeurs.

‘n Aantal van die groot Suid Afrikaanse finansiële instansies word in Guernsey verteenwoordig.

Kliënt strukture wat vanuit Guernsey geadministreer word trek voordeel uit ‘n sterk bestuurstyl. Laasgenoemde help kliënte om hulle lang termyn doelwitte te bereik deur:

  • Bate beskerming
  • Opvolg beplanning en bate bewaring
  • Ondersteuning van liefdadigheids en filantropiese ondernemings en projekte
  • Toegang tot internasionale beleggings en finansiële dienste.

 

Ons Ondervinding

Ons administreer strukture wat n wye verskeidenheid bates bevat namens Suid Afrikaanse kliënte. Tipe bates sluit in eienaarskap van internasionale handelsondernemings, intellektuele eiendom, eiendom, kunswerke, nuwe ondernemings asook tradisionele genoteerde beleggings en bestuursbates.

Ons administrasie word ondersteun deur ons eie boekhouers en rekenmeesters. Indien benodig, berei ons finansiële state voor wat aan internasionale standaarde voldoen (bv IFRS).

Ons werk ook met eksterne ouditeursfirmas indien n struktuur geoudit moet word om aan regulatoriese vereistes en aan die kliënt se behoeftes te voldoen.

Ons berei ook unieke verslae en bestuurs informasie voor indien benodig.

 

Strukture in Suid Afrika

‘n Wye verskeidenheid keuses van strukture is beskikbaar insluitende:

 

Maatskappye

Ons kan volledige inlywing (24 uur of dieselfde dag) en administrasie dienste verskaf vir Guernsey maatskappye.

Deur middel van agente kan ons maatskappye vestig en administreer wat in ander jurisdiksies geregistreer is.

Behalwe vir die standaard maatskappye met beperkte aanspreeklikheid, raak sellulêre maatskappye ook toenemend aantreklik. Laasgenoemde word algemeen gebruik om verskillende bates te verdeel, of om die belange van verskillende familie lede te beskerm.

 

Trusts

Trusts bied beduidende beskerming en buigsaamheid. Guernsey is ‘n gevestigde trust jurisdiksie en administreer trusts sedert die 1970’s.

Sommige van die gebruike van ‘n trust sluit in:

  • Beskerming van bates van ongegronde aanslag, wanbesteding deur minderjariges of familie geskille
  • Om n familie besigheid te onderhou vir toekomstige generasies
  • Om wettige vertroulikheid te verskaf van bate eienaarskap soos die van hoë profiel families.

 

Privaat Trust Maatskappye (PTM’s)

PTM’s stel families in staat om meer betrokke te raak by die bestuur van die trust struktuur en die onderliggende bates, eerder as om ‘n institusionele trustee aan te stel. ‘n PTM sal gevorm word om op te tree as die trustee vir die familie trust.

Die voordele sluit in:

  • Gesinne kan ‘n groter element van beheer uitoefen oor die struktuur.
  • Die gesinslede kan hulle eie vaardighede na die PTM bring in die bestuur van die familiebesigheid, of vir ander spesifieke beleggings en strategieë.
  • Gesinne kan ‘n groter rol speel rakende die besluitneming van distribusies vanuit die trust, wat vir die voordeel van familie lede is.

Die Direkteursraad sal gewoonlik uit gesinslede en Bellerive Trust bestaan. Dit bied die PTM die voordeel van spesialis kennis van die gesinslede en die ervaring en vaardigheid van Bellerive Trust.

 

Familie Kantoor Dienste

Ons werk saam met UHNW (Ultra Hoë Netwaarde) Suid Afrikaanse families en hulle persoonlike finansiële adviseurs om ‘n unieke struktuur, wat die familie se doelwitte en waardes aanspreek, te ontwerp, implimenteer en te administreer.

Dis vir ons belangrik om sterk verhoudings te bou en om die kliënt se behoeftes en doelwitte te verstaan. Ons is toeganklik en verstaan die belangrikheid van privaatheid en konfidensialiteit wanneer dit by hoë netwaarde kliënte kom. Ons is deel van ‘n deurlopende gesprek voering met jou en jou adviseur, om sodoende strategies en takties vooruit te beplan. Ons rol gaan veel verder as die dag-tot-dag transaksie kwessies.

Dit is noodsaaklik dat strukture sterk genoeg is vir lang-termyn beskerming van bates en opvolgbeplanning – maar buigsaam genoeg is om aan te pas by veranderende persoonlike, familie en besigheids omstandighede vir generasies.

Ons is gemaklik daarmee om met die huidige familie kantoor saam te werk, of as verkies, ‘n gekonsolideerde globale bate bestuurs diens te bied by Bellerive Trust sodat ons meer effektief is en kostes verminder. Ons kan ook die seleksie van diensverskaffers soos beleggingsbestuurders en ouditeure koördineer, sodat jy meer vrye tyd het vir ander prioriteite.

Vir die suksesvolle bestuur van ‘n familie kantoor moet intydse besluite geneem word wat op opgedateerde informasie gebasseer is. Ons voorsien persoonlike bestuurs verslagdoening, insluitend ad-hoc verslae soos kontantvloei projeksies. Ons berei ook finansiële state voor volgens internasionaal erkende standaarde.

Ons voorsien ondersteuning en hulp aan familie lede en finansiële adviseurs om te verstaan hoe die familie struktuur bestuur word. Opvoedkundige sessies kan ook aangebied word om ‘n beter begrip te kry rakende die strukture, beleggings en die rol van die trustees.

 

Belasting

Strukture kan gevorm word deur Suid Afrikaanse inwoners en kan befonds word deur die jaarlikse buitelandse beleggingstoelaag. Ons werk met die kliënt en die professionele adviseur om te verseker dat alle relevante belasting advies geneem word voor die vestiging van enige struktuur. Ons verseker ook dat deurlopende belasting verslae, indiening en betalings verpligtinge vervul word.

 

Ons Onafhanklikheid

Ons is ‘n onafhankilke fidusiêre besigheid en ons gebruik ons oordeel sonder om ander finansiële diens verskaffers te beskerm of te bevorder.

Ons is tevrede om met ‘n verskeidenheid banke, beleggingsbestuurders en ander professionele diensverskaffers te werk. Dit verseker die beste benadering vir ons kliënte.

 

Wat soek kliënte?

Professionaliteit. Integriteit. Sekuriteit. Toegangklikheid. Vertroulikheid.

Ons is toegewy aan hoë gehalte kliënte diens, kennis en integriteit. Ons doel is om lang termyn verhoudings met ons kliënte op te bou en om in noue samewerking met persoonlike adviseurs te tree, sodat finansiële lang termyn doelwitte bereik kan word.

 

Bellerive Trust

Bellerive Trust is gevestig in April 2016 as ‘n gesamentlike onderneming tussen die Stenham Groep en Bellerive Finansies. Ons het 25 personeel lede wat gevestig is in Guernsey en Alderney, wat strukture administreer vir welvarende individueë, familie kantore en korporatiewe institusies.  Ons ondervinding as trustees in die Channel Islands dateer terug na die 1980’s.

 

Kontak

Vir verdere inligting kontak:

 

Guernsey

Wayne Bertrand
info@bellerivetrust.com
+44 (0)1481 734290

Heath Martorella
info@bellerivetrust.com
+44 (0)1481 734290

 

Alderney

Matt Burnham
info@bellerivetrust.com
+44 (0)1481 822939

 

 

The above overview in Afrikaans is provided for informational purposes. Please note that all communication and client administration is undertaken by Bellerive Trust Limited in the English language. Documentation, including legal documents and agreements, are also prepared in English.

This overview does not purport to offer any form of legal, fiscal, regulatory or taxation advice. Specific independent professional advice should be sought prior to executing any legal document which is wholly or partially reliant on the above, or upon any discussions arising thereon.

Bellerive Trust Limited is regulated in Guernsey and Alderney by the Guernsey Financial Services Commission.

 

© 2016 Bellerive Trust Limited. All rights reserved.